Hezbollah

Hezbollah
Logo van die betrokke party.
Hezbollah-vegters

Leier Hassan Nasrallah
Gestig 1985 (amptelik)
Ideologie Sjiïtiese Islam
Teen-imperialisme[1][2][3]
Teen die Weste[4][5][6][7]
Teen-Sionisme
Teen-Wahabities
Amptelike kleure Geel, groen
Webblad http://www.moqawama.org/

Hezbollah (Arabies: حزب الله, baie keer ook Hizbullah, Hizb-Allah of Hisbollah geskryf, letterlik "Party van God/Allah") is 'n Islamitiese Libanese Organisasie. Dit het in 1982 ontstaan deur die samesmelting van verskeie Sjiïtiese groepe om teen die Israeliese Inval in Libanon te veg. Dit word blykbaar finansieel en ideologies deur Iran ondersteun.

In Libanon is dit enersyds 'n politieke party wat sedert 1992 ook in die parlement verteenwoordig word. Tans het hulle 15 van die 128 parlementslede.[8] Die minister van energiesake in die huidige Libanese Regering is lid van die party. Aan die anderkant beskik dit egter ook oor paramilitêre eenhede wat veral in die suide van die land onafhanklik van staatsbeheer optree. Hezbollah streef ook sosiaal-politieke doelstellings soos gesondheid, opvoeding en media na. Hezbollah word tans deur Hassan Nasrallah gelei.

Die Verenigde State en 'n paar ander lande beskou Hezbollah as 'n Terroriste organisasie.

  1. (en) Elie Alagha, Joseph (2011). Hizbullah's Documents: From the 1985 Open Letter to the 2009 Manifesto. Amsterdam University Press. pp. 15, 20. ISBN 90-8555-037-8.
  2. (en) Shehata, Samer (2012). Islamist Politics in the Middle East: Movements and Change. Routledge. p. 176. ISBN 0-415-78361-5.
  3. (en) Husseinia, Rola El (2010). "Hezbollah and the Axis of Refusal: Hamas, Iran and Syria". Third World Quarterly. 31 (5). doi:10.1080/01436597.2010.502695.
  4. (en) Levitt, Matthew (2013). Hezbollah: The Global Footprint of Lebanon's Party of God. p. 356.
  5. "Who are Hezbollah" (in Engels). BBC News. 21 Mei 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 10 Augustus 2014.
  6. (en) An International History of Terrorism: Western and Non-Western Experiences. p. 267.
  7. (en) Criminology: Theories, Patterns & Typology. p. 396.
  8. "Interior Ministry releases numbers of votes for new MPs". The Daily Star. 9 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2021. Besoek op 24 Oktober 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search